Met 'n vars verhoogproduksie is Nádine gereed vir enige geleentheid, okkasie of fees in 2013. Sy bied 'n opwindende vertoning, met wonderlike, nuwe liedjies, haar eie, spesiale weergawes van tydlose, klassieke treffers en akoestiese verrassings. Daar kan ook uitgesien word na haar grootste treffers en van die mees legendariese Afrikaanse treffers! 'n Wereldklas vertoning, wat jy nie kan misloop nie. Bespreek nou! Skakel of epos Carine : 082 893 7836, eamworld@wol.co.za.
Na die suksesvolle vrystelling in China, sal Nádine se album, "This Time I Know", binnekort in België vrygestel word! Die eerste enkelsnit wat die aandag van radiostasies gevang het, was "Light In The Sky", wat onder meer op die speellys van JOE FM geplaas is! Die video-insetsel het ook die speellys bereik van Musiek Kanaal TMF. Vanaf middel Januarie is die liedjie, "Made Up My Mind" beskikbaar op i-tunes, in België en Nederland. Laai die liedjie af en maak seker jy's in die regte bui... want binnekort gaan ons die datum en plek aankondig van Nádine se spesiale "This Time I Know" konsert in België! Laai die liedjie af : itunes link
Met wel bekende treffers soos "All Out of Love", "River Deep Mountain High", "Think I'm Alone"... in 'n lewendige-tempo, energieke verwerking en produksie, het Nádine 'n stylvolle, dinamiese vertoning vir korporatiewe geleenthede of spesiale funksies. Almal sal wil saamsing en na 'n rukkie... die dans skoene aantrek vir 'n energieke, atmosferiese partytjie ! Die vertoning kan semi-lewendig geboek word, met 'n paar musikante of in volle konsertstyl met Nádine se lewendige orkes. Bespreek nou! Skakel of epos Carine : 082 893 7836, eamworld@wol.co.za
Na bykans vyftien jaar van radio treffers, goue- en platinum-status albumverkope en honderde konserte in Suid-Afrika, is Nadine gereed om die internasionale musiekmark te verower. Hierdie presentasie plaas die kollig op die hoogtepunte van die afgelope jaar in die loopbaan en lewe van Nadine. Sodra jy die stem agter die mikrofoon en die hart in haar musiek leer ken, sal jy ‘n Nadine ondersteuner vir ‘n leeftyd wees! Geniet!
Onderhoud met Nadine deel 1
Onderhoud met Nadine deel 2